100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ons Winkel Nelspruit baat uit luisteraars se vrygewigheid

Written by on December 20, 2022

Baie dankie aan almal wat deur 2022 skenkings gemaak het aan die 100.5FM Met Hart donasiehouer vir welwillendheid by die ateljee in Sonpark.
Alle skenkings wat ontvang word, word aan plaaslike nie-winsgewende organisasies besorg, wat dit of self kan gebruik of andersins seker maak dit kom uit waar dit benodig word.
Marlene van der Walt van Ons Winkel Nelspruit het vanmiddag die laaste items vir die jaar kom afhaal.
Jy kan enige items uit jou huis wat jy nie meer gebruik nie by die 100.5FM-ateljee kom afgee. Ons maak in 2023 weer so.


×