100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Polisielid gewond in skietery met verdagtes

Written by on December 20, 2022

‘n Polisiebeampte is gewond tydens ‘n skietgeveg met gewapende mans gisteroggend op die R570 Jeppes Reef-pad buite Malalane.
Volgens die polisie het lede tydens ‘n patrollie vier swaar gewapende mans in ‘n enkelkajuitbakkie opgemerk.
Toe hulle hulle opmerk het die skietery uitgebreek.
Die beampte is in die bolyf getref.
Die verdagtes het mettertyd gevlug.
Volgens inligting het hulle hul voertuig in Matsulu agtergelaat en ‘n silwergrys BMW gekaap wat ook later agtergelaat gevind is.
Die polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, sê hulle vir seker ‘n beplande rooftog afgeweer.
‘n Saak van poging tot moord word ondersoek.
Geen arrestasies is nog gemaak nie.


×