100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vrou in hospitaal na suster haar glo met mes steek

Written by on February 13, 2024

‘n Vrou is gister hospitaal toe gehaas na sy glo deur haar suster met ‘n mes gesteek is in Witrivier.

Volgens Martin Jeffreys van Emer-G-Med het die een suster ‘n beskermingsbevel teen die ander bekom en dit by haar gaan afgee – sonder polisiebegeleiding.

Sy het toe haar suster, teen wie sy die bevel gekry het, verskeie kere gesteek.

Volgens Jeffreys het die vrou twee steekwonde aan haar rug, twee in die bors en twee aan haar arms gehad.

Sy kon self tot by die polisiestasie ry vanwaar sy na Themba-hospitaal geneem is.

Sy is daarna na Kiaat-hospitaal verplaas.

Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, kol. Donald Mdhluli, het die voorval bevestig.

Hy sê ‘n saak van poging tot moord is geopen.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Sien ook: Vyf aangekeer weens onwettige vuurwapens buite Komatipoort – Radio Laeveld


×