100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Wêreld-radiodag vandag gevier

Written by on February 13, 2024

Dit is vandag Wêreld-radiodag en vanjaar word dit gevier met die tema, Radio: A century informing, entertaining and educating.

Die Verenigde Nasies se Organisasie vir Onderwys, Wetenskap en Kultuur (Unesco) sê die dag is ‘n geleentheid om radio as medium te vier.

Met die tema vier hulle een van die mediavorms wat wêreldwyd die meeste gebruik word, se noemenswaardige verlede, relevante hede en belofte van ‘n dinamiese toekoms.

‘n Woordvoerder van Unesco, Tawfik Jelassi, sê Wêreld-radiodag is ook ‘n geleentheid om internasionale samewerking tussen radio-uitsaaiers te bewerkstellig en groot netwerke en plaaslike radiostasies aan te moedig om toegang tot inligting en vryheid van spraak te bevorder:

Lees meer: Wêreld-radiodag

Sien ook: In foto’s: AmberMac makadamia-ekspo 2024


×