100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vyf aangekeer weens onwettige vuurwapens buite Komatipoort

Written by on February 8, 2024

Vyf verdagtes het gister vlugtig in die Komatipoort-landdroshof verskyn weens die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Volgens die polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, is hulle Dinsdagaand deur lede van die Durban-haweowerheid wat in Mpumalanga ontplooi is, gearresteer.

Hulle is in ‘n Toyota Land Cruiser voorgekeer by die Mananga/Coopersdal-afdraai buite Komatipoort.

Die vier wapens was agter die sitplekke versteek.

Mzwandile Dlamini, Sanele Sambo, Colleen Nkuna, Elliot Mphika en Musa Bhembe kan Vrydag vir borgtog aansoek doen.

Mdhluli sê die polisie ondersoek waarheen die vyf op pad was ten tyde van hul arrestasie.

Luister:

Sien ook: Drie in hof weens moord op narkotiseur in Mbombela – Radio Laeveld


×