100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Drie in hof weens moord op narkotiseur in Mbombela

Written by on February 6, 2024

Drie verdagtes, tussen 20 en 38 jaar oud, het vandag in die Nelspruit-landdroshof verskyn vir die moord op dr. Nicholas Procter (40).
Die narkotiseur is Donderdagmiddag dood gevind in ‘n huis in Green Valley Estate in Mbombela na hy die oggend as vermis aangemeld is.
Volgens ‘n polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, is die drie verdagtes gister in Protea Glen, Gauteng, aangekeer.

Luister:

Siyabonga Kekane (20), Nkateko Tshidzumba (25) en Bheki Ndlovu (38) bly in aanhouding tot 14 Februarie, wanneer hulle formeel vir borgtog aansoek kan doen.

Vermiste narkotiseur vermoor gevind in Mbombela, 2 Februarie 2024, 11:29

Die narkotiseur wat gisteroggend in Mbombela as vermis aangegee is, is gistermiddag dood gevind in ‘n woonstel in die stad.
Dr. Nicholas Procter is na vermoede vermoor.
Hy is as vermis aangemeld toe hy nie vir werk opgedaag het nie.
Sy voertuig is by die Elawini-brug opgespoor en die omgewing is deursoek.
Die soektog is later verskuif na ander areas.
Volgens die polisie was sy hande en voete vasgebind toe hy gevind is.
‘n Polisiewoordvoerder, Kaptein Magonseni Nkosi, sê geen arrestasies is nog gemaak nie.

Sien ook: Valke soek bestuurder wat restaurant glo besteel


×