100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Valke soek bestuurder wat restaurant in Krugerwildtuin glo besteel

Written by on February 1, 2024

Die Valke vra die publiek se hulp om ‘n verdagte op te spoor wat gesoek word in verband met beweerde bedrog en diefstal wat in Julie 2022 by ‘n restaurant in die Krugerwildtuin plaasgevind het.

Amos Tineyi Kampinya (44) is ‘n Zimbabwiese burger.

Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kapt. Dineo Sekgotodi, het hy by die Mugg & Bean as ‘n bestuurder gewerk.

Hy het na bewering maatskappyfondse ten bedrae van R897 229 gesteel en het daarna verdwyn.

Luister hier:

Sien ook: Blouligbende slaan weer toe in Mbombela


×