100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vragmotorbestuurder aangekla na ongeluk in Lydenburg

Written by on September 26, 2022

‘n Vragmotorbestuurder verskyn na verwagting vandag in die Lydenburg-landdroshof op twee aanklagte van strafbare manslag na ‘n reuseongeluk Vrydagmiddag.
‘n Paartjie, Dewald en Izanie Pretorius, is dood toe die vragmotor se remme glo onklaar geraak het in Voortrekkerstraat en hul VW Polo getref het.
Die vragmotor het kilometers vêr verwoesting gesaai en volgens Arrive Alive is tien ander voertuie getref.

Die woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, sê die moontlikheid dat nog aanklagte teen die bestuurder aanhangig gemaak kan word, is nie in hierdie stadium uitgesluit nie.


×