100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Farmyard by Casterbridge brand af

Written by on September 26, 2022

‘n Brand wat gisteraand by die Farmyard by Casterbridge ontstaan het, het die hoofgebou verwoes.
Hoewel die meeste diere gered kon word, is sommiges dood, onder andere ‘n slang en ‘n paar voëls.
Die Witirivier-brandweer was vinnig op die toneel om die vuur te blus.
Estelle de Villiers van die Witrivier DBV het bevestig dat hulle sowel as die Nelspruit DBV en veeartse van die beseerde diere verwyder het vir behandeling en om hulle tydelik te huisves.
Verskeie diere, insluitende die perde, varke en hoenders, is op die toneel ondersoek en toegelaat om op die perseel aan te bly.
Die oorsaak van die brand is nie in hierdie stadium bekend nie.


×