100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vlieghengel: Ideaal vir vroue, gesinne

Written by on July 25, 2023

Die Sabie Trout Club bied op 12 Augustus ‘n groot Dames Vlieghengel kompetisie aan by die Sabie Rivier en Gunyatoo Trout Lodge op die Long Tom-pas.

Werner Wessels, voorsitter van die klub, en Jani Wessels, komiteelid wat dié geleentheid vir Vrouemaand reël het in die ateljee kom gesels.

“Vlieghengel is ‘n elegante sport wat fyn tegniek verg wat dit ideaal maak vir vroue en vir gesinne om saam te beoefen,” sê Werner vir Ludi.

Luister weer hier:

Die klub bied hierdie Saterdag ook ‘n opedag aan vir belangstellendes. Besoek hul Facebook-blad vir die besonderhede.

Sien ook: Inheemse bloukurper bedreig deur Nylkurper


×