100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vier mense dood in N4-ongeluk buite Mbombela

Written by on January 9, 2023

‘n Kind tel onder die vier insittendes van ‘n ligte voertuig wat gisteraand kort voor middernag dood is toe dit in ‘n kop-teen-kop-botsing betrokke was met ‘n geartikuleerde vragmotor op die N4-tolpad buite Mbombela.
Volgens die departement van gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga is al vier op slag dood.
Die woordvoerder van die departement, Moeti Mmusi, sê dit sluit in die bestuurder en al drie passasiers, waarvan een ‘n minderjarige kind was.
Hulle moes uit die voertuig losgesny word.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Foto: Verskaf


×