100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Opdatering: Vlak 9-waarskuwing vir ontwrigtende reën in die Laeveld

Written by on January 5, 2023

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het hul oranje vlak 5-waarskuwing vir swaar reën in die Laeveld na vlak 9 verhoog.
Dit geld vanaf middernag tot 13:00 Vrydag vir Ehlanzeni-distrik en Mkhondo-munisipaliteit.
Tussen 60 mm en 100 mm reën word verwag, en meer as 100 mm op plekke langs die platorand.
Die weerdiens waarsku die kanse op vloede sowel as modder-en rotsstortings is beduidend.
Jacques Benade van Mpumalanga rampbestuur sê alle nooddienste is op hoë gereedheid. Luister weer hier. 
===============
WEERWAARSKUWING: 5 Januarie 2023 12:22
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het ‘n oranje vlak 5-waarskuwing uitgereik vir ontwrigtende reën in die Laeveld vandag. Mbombela, Thaba Chweu, Nkomazi en Bosbokrand kan vanaf laatmiddag tot môreoggend hoë reënval te wagte wees.

Die weervoorspelling vir Donderdag 5 Desember om 20:00.

Die weervoorspelling vir Vrydag 6 Desember om 07:00.

Dit kan tot plaaslike oorstromings lei en paaie en verkeer affekteer.
Weervoorspeller, Jan Vermeulen, het gister met 100.5FM gesels oor die betekenisvolle impak wat meer as 50 mm op die area kan hê. Luister weer hier.


×