100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Inwoners help vermeende rowers vastrek in Valencia

Written by on January 5, 2023

Twee vermeende gewapende rowers is gister in Valencia in Mbombela aangekeer na hulle glo ‘n man se selfoon gesteel het.
Volgens getuies het die man kort voor 15:00 in die straat gestap toe die drie in ‘n voertuig sy foon geëis het.
Hulle het die selfoon na bewering gegryp en weggejaag, maar het in ‘n doodloopstraat beland.
Na die slagoffer alarm gemaak het, het mense in ‘n ander voertuig hulle agternagesit.
Die verdagtes het in die smal straat teen die ander kar gebots.
Die verdagte met die vuurwapen het te voet gevlug. Die ander twee is aangekeer.
Divergent Ops was op die toneel.

*Die polisie is genader vir kommentaar, wat bygevoeg sal word sodra dit ontvang is.


×