100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Dakar-tydren nou halfpad: Laeveld-bestuurder vertel

Written by on January 9, 2023

Eben Basson van Komatipoort en Leander Pienaar van Bloemfontein lê halfpad deur die 2023 Dakar-tydren in Saoedi-Arabië algeheel sewende in die T3-klas.
Hulle ry vir Hilux en is deel van die G Rally-span van België.
Lees meer: Laevelder takel sy eerste Dakar-tydren
Vandag geniet die spanne ‘n afdag.
Basson sê ‘n tydren kan binne ‘n oogwink verby wees.
“Jy moet maar mooi ry,” sê hy.
Luister weer hier.


Die eerste week van die tydren was ‘n groot sukses vir Suid-Afrikaanse bestuurders, navigators en voertuie met plaaslike voertuie wat in drie van die vier kar-kategorieë lei.
Die verdedigende kampioene, Nasser Al-Attiyah en Mathieu Baumel, is in ‘n Gazoo Racing Hilux met vyf SA Hiluxes wat die top ses uitmaak halfpad deur die tydren.
Volg die span op Facebook en Instagram by TeamHiluxRallyRaid.
Lees ook vorige berigte hier: Vyfde skof Dakar vandag


×