100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Verdagtes in hof vir dagga, inbraak by skool

Written by on January 9, 2023

‘n 38-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy by ‘n skool ingebreek en rekenaars gesteel het, is aangekeer. Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, is sewe rekenaars wat na vermoede by Yedwa Laerskool in Pienaar buite Mbombela gesteel is, in sy besit gevind saam met toerusting wat hulle glo tydens die inbraak gebruik is. Die verdagte is tydens ‘n poging om te ontsnap beseer. Hy is onder polisiebewaking in die hospitaal en sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

Intussen is ‘n man borgtog van R1 000 toegestaan na hy na bewering met dagga ter waarde van sowat R1,7 miljoen betrap is in ‘n suikerrietplantasie net buite Malalane.
Volgens die polisie was daar 114 kg dagga in verskillende sakke versteek.
Ntando Ntimane (29) het verlede week vlugtig in die Nkomazi-landdroshof verskyn.
Die saak is uitgestel tot 3 Februarie.


×