100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Verkeersbeampte dood na vragmotor hom op N4 tref

Written by on January 10, 2023

‘n Verkeersbeampte van die Mpumalanga departement van gemeenskapsveiligheid is gisteraand op die N4-tolpad dood toe hy deur ‘n vragmotor getref is.
Gijimane July Nkabinde was 57 jaar oud.
Hy was aan diens by die Middelburg-weegbrug en was glo besig om ‘n vragmotor na die weegbrug aan te wys toe die voorval plaasgevind het.
Die presiese omstandighede word ondersoek.
Volgens die departement is die vragmotorbestuurder aangekeer en word hy van strafbare manslag aangekla.
Die LUR, Vusi Shongwe, het sy medelye aan Nkabinde se familie en kollegas betuig.


×