100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Gedeeltelik ontbinde liggaam in Tonga ontdek

Written by on January 9, 2023

Die polisie in Mpumalanga vra die publiek om hulle te help om die liggaam te identifiseer van ‘n man wat Vrydag in Tonga buite Komatipoort ontdek is.
Volgens brig. Selvy Mohlala was die gedeeltelik ontbinde liggaam in ‘n stroom naby ‘n burg oor die R571.
Hy is na skatting middeljarig, maar onherkenbaar omdat hy na vermoede geruime tyd in die water was.

Die oorsaak van sy dood moet nog bepaal word.
Kontak die Tonga SAPD by 082-448-9482 met enige inligting.


×