100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vars fokus op kinderontwikkeling by Nellies

Written by on August 1, 2023

Laerskool Nelspruit het groot planne vele projekte aan die gang met ‘n vars fokus op kinderontwikkeling.
Skoolhoof, mnr. Jaco Hauptfleisch, sê hulle beoog om binne die volgende drie jaar ‘n ontwikkelings- en motoriese speelterrein vir die juniorfase-leerlinge aan te bou.
Daar kan hulle deur basiese oefeninge en koördinasievaardighede ontwikkel.
“Ons weet kinders wie se handjies, vingers, skouers sterker is, sit regopper, skryf mooier, konsentreer en sit stil in die klas,” sê hy oor dié doelwit oor kinderontwikkeling.
Om dit onder meer te ondersteun, hou die gr. 7-ouers later vandeesmaand die Wild en Water-fees.
Charl Breytenbach, ‘n ouer wat die fees help reël, gesels saam met Hauptfleisch met Sonop Ontbyt.
Luister weer hier:

Sien ook: Oud-Nelspruiter aangewys as speler van DICC-toernooi


×