100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Valke slaan toe op onwettige goudsmelterye in Barberton

Written by on February 20, 2021

Twee mans wat na bewering twee onwettige goudsmelterye in Barberton bedryf het, is gister deur die Valke in hegtenis geneem.
Mpumalanga Valke woordvoerder, kapt. Dineo Sekgotodi, sê die operasie is in samewerking met die Taktiese Reaksie-eenheidvan Pienaar, polisie se forensiese laboratorium, plaaslike kriminele rekordsentrum en SSG Sekuriteit uitgevoer.
Die twee verdagtes, wat onderskeidelik 24 en 29 jaar oud is, behoort Maandag in die Barberton-landdroshof te verskyn.


×