100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Twee ondernemings in Graskop deur groep gewapende rowers geteiken

Written by on January 4, 2023

Die polisie is op soek na ‘n groep van meer as 20 gewapende rowers wat gister ‘n vulstasie en nabygeleë toerismesentrum in Graskop beroof het.
Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, brig. Selvy Mohlala, het die gemaskerde verdagtes Dinsdag om ongeveer middernag by die vulstasie toegeslaan.
Petroljoggies is met vuurwapens aangehou en vasgebind. Plofstof is gebruik om die kluis oop te skiet.
Kort daarna is ‘n sekuriteitswag by die toerismesentrum met vuurwapens aangehou en vasgebind.
Mohlala sê die alarm is op ‘n manier gedeaktiveer en plofstof is gebruik om ook hierdie kluis oop mee te skiet.
Die groep het met onbekende bedrae kontant gevlug.
Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.
Enigiemand met inligting is gevra om dit met die polisie te deel by 08600-10111.
Alle inligting sal as vertroulik hanteer word.


×