100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

nuushooftrekke

Page: 10

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Mbombela-raadslid aangekeer vir polisiebeampte se moord, nog geen arrestasies na LUR gekaap is, massiewe haelstorm tref Lydenburg en huldeblyke vir Theuns Jordaan. Luister die hooftrekke hier.

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Vermeende motorkaper vasgetrek na jaagtog en skietgeveg, nog fratsweer die somer verwag terwyl storms groot skade aanrig, twee wat departement uit miljoene bedrieg verskyn in die hof en skud jou vere reg vir Bietjie-Bietjie-Bos. Luister die hooftrekke hier.  

In die nuus uit die Laeveld die week: ANC verloor baie steun, maar behou beheer oor Laeveld-stadsrade, EFF vervang DA as amptelike opposisie in Mbombela, misdadigers se “inkopieseisoen” in volle swang, gedenkdiens gehou vir geliefde Edwin Sturgeon en ProLife Pet Rescue in Mbombela vier hul 10de bestaansjaar. Luister die hooftrekke hier.

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Ondersoek geloods na vrou se liggaam in swembad gevind is, kaartjie-verkope open vir Bietjie-bietjie-Bos en Sanparke kondig datums aan vir Parkeweek. Luister die hooftrekke hier.

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Gemeenskap geskok deur bekende Laevelder se moord in Barberton, borg toegestaan aan voormalige LUR wat van moord aangekla word in Nelspruit, Universiteit van Mpumalanga bied vanaf 2022 doktorsgrade en TRAC N4-tydren volgende maand in Dullstroom. Luister die hooftrekke hier.

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Moordbeskuldigde politikus se borgaansoek gaan vandag voort, brand by Komatipoort suikermeule eindelik geblus en groot beleggings in Mpumalanga se padinfrastruktuur beplan. Luister weer die hooftrekke hier.

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Menseregtekommissie ondersoek medisynetekorte, duisende Laevelders ingeënt tydens Vooma-naweek, die ATKV se kuieraande is terug, en help om die Carling Kampioene-span te kies. Luister die nuushooftrekke hier.

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Vooma-inentingsveldtog die naweek, konstruksie begin op die N4 by Elandshoek, LUR bekommerd oor toename in boeliegedrag by skole en die bloedbank vra dringend skenkings. Luister die hooftrekke hier.

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Bye-aanval eis bekende Komatipoort-bakster, private grondeienaars waarsku Makhonjwa-Wêrelderfenisgebied se status is in gedrang, Nellie-atleet laat nasionale rekords spat en gaan Bos InniMall die naweek. Luister die hooftrekke hier.

In die nuus uit die Laeveld die week: Mannejag geloods na gewapende roof, weermaglid se vermeende moordenaars verskyn in die hof en registreer hierdie naweek om te stem. Luister die hooftrekke hier.


×