100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Musiek

Page: 3

Lucas Ruf, ‘n besonders talentvolle oud-leerling van Uplands, woon deesdae in Oostenryk waar hy ‘n musiekloopbaan begin het. Hy tree volgende Saterdag, 4 September, in sy tuisdorp, Witrivier, op saam met die ongelooflike Natascha C. Sanett het via Zoom met hom gesels en ‘n voorsmakie gekry van hom op die klavier en trekklavier.

Die gewilde en bekende Blues-kitaarspeler Dan Patlansky tree vanaand weer voor ‘n uitverkoopte gehoor by Yoons Eatery op. Hy het al vir Bruce “The Boss” Springsteen geopen, maar dink die kleiner gehore wat Covid-19 afdwing, pas die musiek uitstekend. “Blues is ‘n gevoel,” sê hy. “Dit is die wortel van alle moderne musiek op ‘n […]

Na 18 jaar in die vermaakbedryf het Jak de Priester geen bekendstelling nodig nie. Met sy sielvolle stem, betekenisvolle lirieke, ritmiese musiek en vermaaklike verhoogpersoonlikheid, het hy oor die jare diep in sy ondersteuners se harte gekruip. Hy het tien studio-albums, ’n kinderalbum- en DVD, ’n boek, ’n digbundel en verskeie verhoogproduksies op sy kerfstok. […]

Luister meer op 100.5FM.


×