100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Steve Hofmeyr skryf vir sy volk

Written by on October 20, 2023

Steve Hofmeyr kuier vir ‘n slag weer in die Laeveld en het natuurlik ook by die 100.5FM-ateljee kom inloer.

“Ons wêreld word beheer deur groot kommersiële instansies. Hulle sal vir jou sê wat jy moet sing, wat jou moet inspireer, en ‘n lang lys van dinge wat jy nie mag sê nie.

“Dit is moeilik vir my as ouer kunstenaar om gewoond te raak aan die nuwe grense.

Ek wil ‘n kunstenaar wees wat kan verwoord. Ek sit met my oor op die sternum van my volk, ek hoor hulle hartklop en ek wil dit verwoord in liedjies.

“Dan kom hier ‘n klomp mense wat vir jou sê jy mag nie, so dit is ‘n moeilike tyd vir ons om in te leef.”

Steve Hofmeyr gesels met Gerhardt.

Luister weer hier:

Sien ook: Henrike de Wet oortref doelwit met Route ’74


×