100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Lizanne Barnard maak weer musiek van jou gedigte

Written by on March 1, 2024

Na die sukses van Kuns Inni Liedjiebos by Innibos verlede jaar het die komponis, Lizanne Barnard, besluit om dit ‘n langtermynprojek te maak.

“Ek hou daarvan om die publiek by projekte te betrek,” sê sy vir Sonop Ontbyt.

Sy versoek oorspronklike gedigte van die publiek (enige tema is welkom) wat sy in liedere sal omskep om een keer ‘n maand op te voer by ‘n digterlike aand by Leaves Lodge – waarvoor Harry Green spesiaal ‘n spierwit vleuelklavier geskenk het.

Luister weer:

Stuur jou oorspronklike gedig(te) na [email protected]

Sien ook: Club 21 stig skool vir kinders met downsindroom in Mbombela


×