100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

laeveld nuus

Page: 11

In die nuus uit die Laeveld die week: Mannejag geloods na gewapende roof, weermaglid se vermeende moordenaars verskyn in die hof en registreer hierdie naweek om te stem. Luister die hooftrekke hier.

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Geliefde Laevelder in frats valskermongeluk dood, wetgewer stem in om Barberton-rioolkrisis te ondersoek en NHS-ontvangsdame aangewys as Kantoorkampioen 2021. Luister die week se hooftrekke hier.    

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Voorstel aanvaar om kinderkommissaris vir Mpumalanga aan te stel, Machadodorp-wisselaar op N4 amptelik geopen, Witrivier-inwoner bereik top 10 met boereworsresep en Nelspruit Eisteddfod 2021 na twee jaar weer op die verhoog. Luister die hooftrekke hier.

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Swanger vrou se liggaam in rivier gevind, mannejag geloods na twee mans se skietdood, DA sê regstelsel faal kinders, en die Phelophepa-trein is volgende week in Mbombela. Luister die hooftrekke hier.

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Inentings nou oop vir alle volwassenes, Kommer oor lede op MTPA en Mega se direksies en Laeveld sekerheidsmaatskappye op hoë gereedheid vir moontlike onlus. Luister die hooftrekke hier.

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Krugerwildtuin verdedig besluit om olifantkalfie uit te sit, valke soek verdagtes wat twee polisielede skiet, Working on Fire stuur brandbestryders na Kanada en die DA vra Menseregtekommissie om tekort aan medisyne te ondersoek. Luister die hooftrekke hier:

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Reeksmoordenaar van bejaarde vroue in Mbombela gevonnis na hy skuldig pleit op derde moord, twee sekuriteitswagte in aanvalle dood afgelope week, en die Krugerwildtuin doen beroep op gemeenskappe oor strikke. Luister hier na die hooftrekke.

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Mpumalanga maak gereed vir terugkeer van alle laerskool-leerlinge na die skoolbanke, vyf Curro-leerlinge ontvang Springbokkleure as lede van die Mpumalanga-jeugkoor, Penreach bereik Mandela-maand doelwit en Arrie en Renaldia Henn groet die Nellies. Luister die hooftrekke hier.

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Twee mans vas oor 19 renosterhorings, inwoners van Mpumalanga aangemoedig om ingeënt te word teen Covid-19, Laeveld DBV-takke sê hulle sukkel om kop bo water te hou sonder munisipale befondsing, en die jaarlikse Chicken Challenge vendusie is oop. Luister die hooftrekke hier.

Luister meer op 100.5FM.


×