100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

kol. Donald Mdhluli

Plaaslik, tot die punt en Afrikaans: Skakel in op 100.5FM vir nuus uit die Laeveld.

Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus.

‘n Mannejag is geloods na die verdagtes wat Saterdagaand twee mans in Barberton doodgeskiet het. Volgens die polisie se kolonel Donald Mdhluli was die een slagoffer ‘n polisiebeampte wat ten tyde van die voorval van diens af was. Speurder konst. Nkosinathi Lucky Ngwenya was aan die speurtak in Nelspruit verbonde. Die ander slagoffer is as […]

‘n 29-jarige man en 24-jarige vrou is gister in Shabalala Trust naby Hazyview aangekeer. Hulle was glo in besit van vyf vuurwapens, polisie-uniforms, ander polisie-toerusting en ‘n magdom ander gesteelde items. Polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, sê dit volg nadat hulle inligting ontvang het oor ‘n voertuig wat vroeër gekaap is. Die voertuig en meubels wat […]

Daar word steeds gesoek na twee vermeende transitorowers wat vanoggend wagte in Sabie aangeval het. Fidelity-wagte was om ongeveer 07:00 besig om kontant by die Spar op te tel. Die een wag was besig om uit die winkel te loop toe drie mans op hulle toeslaan. ‘n Skietery het uitgebreek. Een wag is in die […]

Nompumelelo Portia Nkambule (37) is Vrydag in die Hooggeregshof in Mpumalanga tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat sy haar gewese kêrel se dogtertjie doodgemaak het. Volgens die nasionale vervolgingsgesag was klein Philisiwe Charlotte Nkosi (3) vanaf Desember tot Februarie in die vrou se sorg naby Barberton terwyl haar pa werk gaan soek het. Haar biologiese ma […]

‘n Onwettige goudverwerker wat Donderdag in Pelgrimsrus aangekeer is, sal Woensdag in Graskop aansoek doen om borgtog. Volgens die Valke is die 34-jarige Thabang Ntsibane ‘n onwettige immigrant van Lesotho. Hy is tydens ‘n gesamentlike operasie tussen verskillende wetstoepassingsorganisasies aangekeer waar hy glo ‘n goudverwerkings laboratorium bedryf. Daar is ook op sakke vol gouddraende erts […]

Die polisie het ‘n mannejag geloods na die verdagtes wat ‘n 39-jarige vrou Dinsdag in Pienaar doodgeskiet het. Volgens kol. Donald Mdhluli was die vrou alleen in haar voertuig toe dit om ongeveer 11:45 deur ‘n wit Mercedes Benz voorgekeer is. Twee gewapende aanvallers het uitgeklim en haar geskiet. Hulle het glo ook kontant uit […]

Luister meer op 100.5FM.

Luister meer op 100.5FM.


×