100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

In foto’s: Kitsbank in Hazyview opgeblaas

Written by on April 7, 2021

‘n Kitsbank in ‘n winkel by ‘n vulstasie in Hazyview is in die vroeë oggendure opgeblaas.
Volgens kolonel Donald Mdhluli het twee gewapende mans die winkel binnegestorm en werknemers gyselaar geneem.
Hulle het sigarette en kontant uit die kasregisters gevat voor hulle die kitsbank opgeblaas het.
Hulle het op die vlug geslaan en ‘n mannejag is van stapel gestuur.

Enigiemand met inligting is gevra om speurkaptein Eurence Sibuyi te kontak by 082-449-0231.


×