100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Stonehouse brei Carling Kampioenespan voor Saterdag

Written by on June 27, 2022

Die Carling Kampioenespan speel Saterdag in Nelson Mandelabaai teen Italië “A”.
Jimmy Stonehouse en sy Puma-bestuurspan brei die span van 30 spelers wat deur aanhangers geskies is en wat Springbokke en Blitzbokke insluit.
Verskeie van die Pumas, wat Saterdag hul eerste Curriebeker gewen het deur die Griekwas met 26-19 te wen, is by die groep ingesluit. Hulle trek vandag reeds saam in Nelson Mandelabaai.
Die Pumas sal daarom hul segetoer met die beker eers uit moet stel. Stonehouse het egter sy versekering gegee dat dit plaas sal vind by plaaslike skole en sakeondernemings. Hou hierdie spasie dop vir meer besonderhede.
By die span ingesluit is Springbokke Cornal Hendricks (senter) en Embrose Papier (skrumskakel) sowel as die ervare spelers Victor Sekekete (slot), Nama Xaba (losvoorspeler), Clayton Blommetjies (heelagter) en Robert Ebersohn (senter).
Verlede jaar het die Carling Kampioenespan Kenia by Loftus Versfeld in Pretoria gewen. Spelers wat Saterdag weer sal speel is WP se Xaba en die Vodacom Bulls se Keagan Johannes (skrumskakel) en Simphiwe Matanzima (stut).
Die kaptein is nog nie gekies nie. Stem vir jou keuse by *120*660*unieke kode# of via Facebook Messenger.
Die afskop Saterdag is om 19:45 by die Nelson Mandelabaai-stadion en regstreeks op SuperSport.
Intussen stroom gelukwensings in vir die span. Die Mpumalanga premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, beskryf dit as ‘n oorwinning vir inwoners van die provinsie en rugby.
Volgens die VF Plus dien dit as ‘n bewys dat die krag van sport nooit onderskat kan word nie.

“Sport kan mense oor verskeie grense heen verenig, soos tans duidelik in die provinsie gesien kan word met euforie wat mense vanuit alle agtergronde verenig,” sê Werner Weber.

Die Carling Kampioenespan is:
15. Clayton Blommetjies (Toyota Cheetahs)
14. Daniel Kasende (Toyota Cheetahs)
13. David Brits (Toyota Cheetahs)
12. Cornal Hendricks (Vodacom Bulls)
11. Angelo Davids (DHL WP)
10. Siya Masuku (Toyota Cheetahs)
9. Keagan Johannes (Vodacom Bulls)
8. Mihlali Mosi (Toyota Cheetahs)
7. Sibusiso Sangweni (Sigma Lions)
6. Nama Xaba (DHL WP)
5. Janko Swanepoel (Vodacom Bulls)
4. Victor Sekekete (Toyota Cheetahs)
3. Robert Hunt (Vodacom Bulls)
2. Marnus van der Merwe (Toyota Cheetahs)
1. Simphiwe Matanzima (Vodacom Bulls).

Plaasvervangers:
16. Dan Jooste (Cell C Sharks)
17. Dewald Maritz (Airlink Pumas)
18. Kwenzo Blose (DHL WP)
19. Shane Kirkwood (Airlink Pumas)
20. Willie Engelbrecht (Airlink Pumas)
21. Embrose Papier (Vodacom Bulls)
22. Tristan Leyds (DHL WP)
23. Devon Williams (Airlink Pumas).

Addisionele spelers: Eduan Swart (Airlink Pumas), Keke Morabe (DHL WP), Andries Fouche (Airlink Pumas), Sanele Nohamba (Sigma Lions), Theo Boshoff (Windhoek Draught Griekwas), Robert Ebersohn (Toyota Cheetahs) en Alwayno Visagie (Airlink Pumas).


×