100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

39 mense van vermeende mensehandelaars gered

Written by on June 27, 2022

Twee verdagtes verskyn vandag in die Belfast-landdroshof op klagte van mensehandel.
Hulle is Vrydag aangekeer op ‘n plaas in Belfast in ‘n gesamentlike operasie deur onder meer die Nelspruit blitspatrollie en departemente van arbeid en binnelandse sake.
Kol. Katlego Mogale van die Valke sê die 39 slagoffers, waaronder nege kinders jonger as vyf, sewe vroue en 23 volwasse mans, is op die plaas gered en in ‘n plek van veiligheid geplaas in Witbank.
Volgens Mogale is die mense uit Mosambiek per taxi na Suid-Afrika gesmokkel tot by Lydenburg, waar hulle verkoop is vir handearbeid op die plaas.
Nog arrestasies word verwag.


×