100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Steeds geen uitsluitsel oor vermiste veldwagter nie

Written by on April 16, 2024

Ike Phaahla, die woordvoerder van die Krugerwildtuin, sê hulle wag steeds op terugvoering van die polisie oor die veldwagter wat amper vier jaar gelede vermis geraak het.

Checkers Mashego is die laaste keer gesien op 16 November 2020 tydens patrollie in die wildtuin.

Items wat hulle glo aan hom behoort is die volgende dag in die area ontdek en deur die polisie vir DNS-toetse geneem.

Lees meer: Vermiste veldwagter se oorskot moontlik gevind – Radio Laeveld

ActionSA eis nou antwoorde van SANParke en die Departement van Toerisme oor vergoeding vir sy familie.

Die party se provinsiale leier, Thoko Mashiane, sê hulle wil afsluiting vir sy familie hê.

Volgens Phaahla wag hulle op die uitslae van die polisieondersoek.


×