100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Transitoroof misluk op R40

Written by on April 15, 2024

‘n Poging om ‘n Fidelity-gepantserde voertuig te beroof is Maandagmiddag gefnuik toe die bestuurder van die geldwa daarin kon slaag om aan te hou ry toe ‘n onbevestigde getal verdagtes hom tot stilstand probeer dwing het.

Volgens bronne het die aanval om ongeveer 17:35 op die R40 net voor die Hilltop-pas tussen Mbombela en Barberton plaasgevind.

‘n Gesteelde Mercedes is deur die aanvallers op die toneel agtergelaat.

Hulle kon van die toneel af vlug.

Geen kontant is gesteel nie.

Sien ook: Vrou wat polisieman vermoor tot 20 jaar gevonnis

 

 


×