100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vrou wat polisieman vermoor tot 20 jaar gevonnis

Written by on April 12, 2024

‘n Vrou wat haar vriend, ‘n polisiebeampte, in 2022 in Pienaar vermoor het, is deur die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.

Volgens die Valke het Zanele Mkhonto (29) skuldig gepleit op die klag van moord op sers. Mandlenkosi Happy Thwala (45).

Lees meer: Vrou pleit skuldig op moord op polisieman

Mkhonto het deurgaans in aanhouding gebly.

Die Valke-hoof, gen. maj. Nico Gerber, het die publiek aangemoedig om aan te hou om inligting te verskaf oor misdaad in hul midde.

 

 


×