100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vrou pleit skuldig vir moord op polisieman

Written by on November 6, 2023

‘n Vrou wat daarvan aangekla word dat sy haar kêrel wat ‘n polisieman was in Augustus verlede jaar in sy bed in Pienaar doodgeskiet het, het Donderdag in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela skuldig gepleit.
Sers. Mandlenkosi Happy Thwala is vyf keer geskiet, na bewering met sy eie dienspistool.
Zanele Mkhonto is kort daarna aangekeer.
Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kapt. Dineo Sekgotodi, is die saak tot 27 November uitgestel vir die voorvonnisverslag.
Luister:

Mkhonto bly in aanhouding.
Sien ook: Verdagte aangekeer vir moord op polisieman in Pienaar


×