100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Pumas vol selfvertroue voor kragmeting teen die Leeus

Written by on March 17, 2023

Die Airlink Pumas is vanmiddag die gunstelinge wanneer hulle hul eerste tuiswedstryd in vanjaar se Curriebeker teen die Leeus speel.
Die span het hul verdediging van die Curriebeker-titel Sondag op indrukwekkende wyse afgeskop deur die Bulle met 63-15 te laat les opsê.
Die Pumas is moeilik om tuis te wen en hoewel hulle sonder die meesterlike Tinus de Beer moet klaarkom weens ‘n besering, is die talentvolle Leeu-span onervare.
Sien die Puma-span hier: Twee veranderinge aan Pumas vir Lions in Mbombela
Die pienktruie het ook vier uit hul vyf laaste kragmetings met die Leeus gewen.
Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, sê die span is fiks en vol selfvertroue.
Hulle het aan die einde van 2022 heelwat spelers verloor, maar het baie talent bygekry vir 2023.
Hy vertel meer oor hul voorbereiding. Luister weer hier.

Die afskop by Mbombela-stadion is om 17:00.


×