100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Twee veranderinge aan Pumas vir Lions in Mbombela

Written by on March 16, 2023

Die Airlink Pumas afrigter, Jimmy Stonehouse, het slegs twee veranderings gemaak aan sy span wat môre die Leeus in Mbombela pak.
Die voormalige Glasgow Warriors losskakel, Brandon Thomson, word in die plek van die beseerde Tinus De Beer ingespan en Lundi Msenge is in op vleuel vir Sebastion de Klerk.
Shane Kirkwood sal die span aanvoer.
De Beer het aan 100.5FM gesê die gevoel in die kamp is steeds sterk na hul groot oorwinning teen die Vodacom Bulle Sondag.

Die span is: 15 Devon Williams, 14 Lundi Msenge, 13 Diego Appollis, 12 Ali Mgijima, 11 Jade Stighling, 10 Brandon Thomson, 9 Giovan Snyman, 8 Kwanda Dimaza, 7 Francois Kleinhans, 6 André Fouché, 5 Shane Kirkwood (kaptein), 4 Deon Slabbert, 3 Njabulo Gumede, 2 Eduan Swart, 1 Corne Fourie.
Plaasvervangers: 16 Llewellyn Classen, 17 Etienne Janeke, 18 Simon Raw, 19 Malembe Mpofu, 20 Ruwald van der Merwe, 21 Chriswill September, 22 Ethan Fisher, 23 Stefan Coetzee.

Foto: Die Pumas het hul Curriebeker Sondag met ‘n 63-15 wen teen die Bulle afgeskop. Krediet: Kaptured Concepts


×