100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

PPE-korrupsiesaak tot Februarie uitgestel

Written by on October 17, 2022

Die hoof van die Mpumalanga Departement van Samewerkende Regering (Cogta) en die adjunk-direkteur van rampbestuur in die departement het vanoggend in die hof vir kommersiële misdade in Nelspruit verskyn op klagte van bedrog en oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (PFMA).
Die departementshoof, Sam Ngubane, word aangekla van oortreding van die PFMA.
Lees meer: Cogta-hoof in hof oor beskermende kleredrag
Die adjunk-direkteur, Raymond Manzini, word daarvan aangekla dat hy onregmatig ‘n kontrak vir beskermende kleredrag toegestaan het aan ‘n maatskappy van sy vriend, Moses Ndlovu, wat ook aangekla word.
Volgens die Valke het Manzini hom finansieel gehelp om die kleredrag aan die departement te lewer.
Lees meer: Borg vir adjunk-direkteur wat glo konkel met beskermende klere
Ndlovu het daarna R6 miljoen in Raymond se broer, Chris Manzini, se bankrekening betaal.
Die saak teen die vier is uitgestel tot 17 Februarie.


×