100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vier vas na vermeende bendegeweld twee lewens in Barberton eis

Written by on October 18, 2022

Vier verdagtes is gister in Emjindini Trust aangekeer weens twee vermeende bendeverwante sterftes Vrydag.
Volgens die polisie was ‘n groep mense onderweg na die begrafplaas om ‘n graf te grawe voor ‘n begrafnis wat Saterdag sou plaasvind toe die voorval plaasgevind het.
Skote is afgevuur en toe die stof gaan lê is twee jong mans geskiet. Een slagoffer is op die toneel dood en die ander by die hospitaal.
Die een is uitgeken as die 18-jarige Thembinkosi Ngobese. Die ander slagoffer is nog nie geïdentifiseer nie.
Die woordvoerder van die provinsiale polisie, brig. Selvy Mohlala, sê die verdagtes was in besit van ‘n ongelisensiëerde vuurwapen waarvan die reeksnommer afgeveil is, ammunisie, en vier slagtersmesse ten tyde van hul arrestasie in ‘n huis in Emjindini Trust.
Hulle sal na verwagting môre in die Barberton-landdroshof verskyn.


×