100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ouers eis antwoorde oor Estralita

Written by on June 9, 2023

Estralita Spesiale Skool word deur ‘n vakbond gyselaar gehou, terwyl die provinsiale departement van onderwys niks daaromtrent doen nie.
Só sê die beheerliggaam van Estralita Spesiale Skool oor Nehawu, wie se gedrag nou die kwesbaarste leerders in die skoolstelsel beïnvloed.
Hanlie Swanepoel, die hoof van die skool in Lydenburg, is in Mei verlede jaar deur die provinsiale departement van onderwys gevra om eerder nie skool toe te kom nie, weens kommer oor haar veiligheid.
Dit is na skofwerkers van Nehawu ernstige bewerings teen haar gemaak het.
Sy is nooit geskors nie en die Mpumalanga Departement van Onderwys het ‘n ondersoek van stapel gestuur.
‘n Jaar later, is die uitslag van die ondersoek egter nog nie bekendgemaak nie.
Weens ‘n geskil met die departement oor lone, weier werknemers ook die afgelope twee weke om snags te werk.
Die 144 koshuis-leerlinge is huis toe gestuur omdat hulle voltydse versorging benodig.
Sedert verlede Maandag, is die skool glad nie meer operasioneel nie, toe ouers want antwoorde eis, besluit het om ook die 74 dagskoliere nie meer skool toe te stuur nie.
Sonja Boshoff, ‘n DA-lid van die Nasionale Raad van Provinsies, en Lindi Sepobe, die voorsitter van die skoolbeheerliggaam, gesels met Mireille.
Luister weer hier

Die Mpumalanga Departement van Onderwys het nie reageer op Radio Laeveld se navrae nie.


×