100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nooddienste: DA vra dat ombud ondersoek instel

Written by on June 9, 2023

Die DA in Mpumalanga vra dat die gesondheidsombud, prof. Taole Mokoena, ondersoek instel na die provinsiale gesondheidsdepartement se versuim om nasionale riglyne oor nooddienste na te kom.
Jane Sithole sê daar was in die vierde kwartaal van 2022/23 meer stukkende ambulanse as werkendes.
Slegs 60 uit 158 is tans operasioneel, waarvan 12 buite gebruik is weens ‘n tekort aan personeel.
“Dit beteken een ambulans moet 91 666 mense bedien. Dit oortree die Nasionale Gesondheidsriglyne waarvolgens ‘n ambulans beskikbaar moet wees vir elke 10 000 inwoners,” sê sy.
Sithole voer verder aan dat die riglyne vereis dat 95,9 geregistreerde nooddienswerkers beskikbaar moet wees vir elke 100 000 inwoners, maar Mpumalanga spog met slegs sowat 13,5, volgens die departement se eie kwartaallikse verslag.
In totaal is 141 poste vakant weens begrotingstekorte.
“Gedurende verlede jaar se begrotingsrede het die LUR, Sasekani Manzini, R50 miljoen toegewys vir ‘n gerekenariseerde bestuurstelsel vir nooddienste.”
Sithole voer egter aan dat R33,4 miljoen eerder op ‘n Vodacom-toepassing spandeer is.
Luister hier

“Hulle het beplan om R25 miljoen te spandeer in die nuwe finansiële jaar om ‘n gesentraliseerde noodkommunikasiesentrum te stig. Ons sal sien wat daarvan kom.”
Die party sê hy is ook bekommerd oor beweringe dat pasiënte by Themba-hospitaal naby Witrivier nie van genoegsame kos voorsien word nie.
Volgens Sithole doen ‘n plasing die ronde op sosiale media oor hoe pasiënte soggens slegs twee snye droë brood ontvang voor ‘n maaltyd saans.
Sy sê pasiënte en werknemers by die hospitaal voer ook aan dat hul etes deur verpleegkundiges gesteel word. Verder word daar beweer dat verskaffingskontrakte aan maatskappye toegeken word wat nie die kapasiteit het om die kos te voorsien nie.
Sithole het ‘n beroep gedoen op Manzini om dringend in te gryp en die kontrakte te oudit om te bepaal of die verskaffers werklik die diens kan lewer.

Sien ook: Sterfte weens cholera in Mpumalanga bevestig


×