100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Sterfte weens cholera in Mpumalanga bevestig

Written by on June 1, 2023

LUISTER DIE BERIG HIER

Die departement van gesondheid in Mpumalanga het ‘n sterfte weens cholera in die provinsie bevestig.
‘n 73-jarige vrou van Phaphamang in Phake in Dr JS Moroka-munisipaliteit is Vrydag, 26 Mei, in die Mmametlhake-hospitaal opgeneem met diarree, naarheid en braking.
Sy is Dinsdag, 30 Mei, in die hospitaal oorlede.
Cholera is deur ‘n laboratorium bevestig.
‘n Reaksiespan is na die area ontplooi om die oorsprong van die infeksie te ondersoek en die gemeenskap oor die siekte bewus te maak.
‘n Woordvoerder, Mandla Zwane:

Intussen is die bron van die uitbreking wat ook 24 lewens geëis het in Tshwane en een in die Vrystaat, steeds onbekend.
‘n Geval is ook gister in Limpopo bevestig.
Die minister van gesondheid, Joe Phaahla, sê sy departement ondersoek alle moontlikhede, insluitende reis en water.
Hy het laboratoriumdienste in Hammanskraal versoek om hul fokus te verskerp.
Die minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu, sal vandag die jongste ingrypingsmaatreëls bekend maak oor hoe sy departement en die Stad Tshwane die cholera-uitbreking in Hammanskraal hanteer.
Sien ook: NIOS waarsku oor ‘n toename in malariagevalle
Hy sal ook die tussentydse verslag van die Blou Druppel-sertifiseringsprogram vir drinkwater van uitstekende gehalte vrystel.
Die DA in Limpopo het intussen ‘n beroep gedoen op die LUR vir gesondheid, Phophi Ramathuba, om seker te maak pogings word verskerp om ‘n cholera-uitbreking in die provinsie te voorkom.
Risham Maharaj sê die Vhembe-distriksmunisipaliteit het onderneem om watertenkwaens aan gesondheidsinstellings te lewer en gereeld die water te toets.

Simptome van cholera
Enigiemand wat diarree, naarheid en braking ondervind, is aangeraai om onmiddelik mediese behandeling te kry.


×