100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ouers aangemoedig om verkiesings van beheerliggame te ondersteun

Written by on March 4, 2021

Die verkiesing van nuwe beheerliggame by plaaslike skole het hierdie week begin.
Die huidige beheerliggame se termyn verstryk aan die einde van die maand.
Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, het alle ouers en voogde van kinders genooi om hulself verkiesbaar te stel vir posisies, en om in die verkiesings te stem.
Dit vind van 1 Maart tot 30 April plaas.
Hy het ook professionele mense met kinders in skole aangemoedig om hul dienste aan te bied om waarde tot die liggame te voeg.
Volgens Majuba is hulle die hoeksteen van goeie verhoudinge tussen gemeenskappe en hul skole.

Dit vind elke drie jaar plaas en is laas in Maart 2018 gehou. Vanjaar se tema is “Herverbeel skoolbestuur onder komplekse omstandighede”.
“Skoolbeheerliggame is aanspreeklik teenoor die skoolgemeenskap,” sê Majuba. “Hulle moet verseker dat die bestuur van skole ten alle tye effektief is.”
Ander verantwoordelikhede sluit in:
• Verbeter kwaliteit van opvoeding deur goeie bestuur
• Verseker skole dien die gemeenskap se belange en voldoen aan ouers se verwagtinge
• Help om die koste van opvoeding te versprei en rasisme, seksisme, en ander vorms van diskriminasie teen te werk.
Die skoolbeheerliggaamverkiesings word beskou as die grootste verkiesings na regeringsverkiesings. Majuba sê die Covid-19-regulasies moet gevolg word.
“Ek wil ook my waardering uitspreek vir al die lede van beheerliggame wat hul termyn nou voltooi en ek wens hulle sterkte toe in hul nuwe areas van invloed,” voeg Majuba by.
Sy departement het onderneem om die nuwe lede te ondersteun sodat hulle hul funksie kan vervul.



×