100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Onwettige mynwerkers vasgetrek in Waterval Boven

Written by on September 29, 2022

Tien onwettige mynwerkers sal vandag in die hof in Waterval Boven verskyn, na hulle Dinsdag tydens ‘n multidissiplinêre operasie aangekeer is.
Die Valke in Mpumalanga, die provinsiale speurtak, die nasionale eenheid vir ingryping, die polisie se taktiese reaksie-eenheid en honde-eenheid, die plaaslike kriminelerekordsentrum, SSG Sekuriteit Barberton sowel as die departemente van binnelandse sake, minerale bronne en energie én omgewingsake het saamgewerk.
Daar is op onder meer kragopwekkers, springstof en ystererts ter waarde van meer as R1 miljoen beslag gelê.

Volgens die woordvoerder van die Valke, kapt. Dineo Sekgotodi, het ‘n groot groep onwettige myners ondergrond gevlug en arrestasie ontduik.
Die operasie volg op die verskyning van nog drie verdagtes Dinsdag in howe in Matsulu en Barberton op klagtes wat verband hou met onwettige mynbou in dié areas.
Tau Moyana (17), Josia Mlambo (18) en Nonhlahla Fortunate Mavuso (38) is Maandag deur dieselfde span aangekeer.
Leer meer: Vermeende onwettige myners aangekeer
Hulle bly in aanhouding tot hulle op 3 Oktober weer verskyn.


×