100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Voortrekkers vier 91ste jaar

Written by on September 29, 2022

Die Voortrekkers is al vir 91 jaar ‘n skool buite die klaskamer wat kinders leer om onafhanklik te wees.
Lilanie de Jager en Berno Venter, kommandoleier en kommandojeugleier van die Laeveld Voortrekkers, het op die vooraand van die herdenking van die organisasie se 91ste bestaansjaar môre vir Ludi en Mireille vertel wat dit al sedert hul gr. 1-jaar vir hulle beteken.

Liezel Theron het saam met twee dolfyne (gr. 5-leerlinge) Monette en Ecardt in die ateljee met Gerhardt en Andri gesels oor hul waardes: Afrikanerskap, burgerskap, Christenskap en diensbaarheid. Luister weer hier.


×