100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vermeende onwettige myners aangekeer

Written by on September 27, 2022

Drie mans sal vandag in onderskeidelik Barberton en Matsulu in die hof verskyn op aanklagte wat verband hou met onwettige mynbou aktiwiteite.
Hulle is gister by verskillende myne aangekeer tydens ‘n multidissiplinêre intelligensiegedrewe operasie.
Volgens die Valke is ontginningstoerusting ter waarde van sowat R200 000 gekonfikseer, sowel as die beendere van wat die Valke vermoed ‘n bedreigde dier kan wees.
In Belfast is ‘n moordverdagte wat in Augustus uit polisieaanhouding ontsnap het, Vrydag tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis daarvoor.
Karabo Chiloane (29) het uit die aanhoudingselle van die Belfast-landdroshof ontsnap voor sy verskyning vir ‘n moord wat in 2020 in Machadodorp gepleeg is. Hy is ‘n paar dae later in Acornhoek heraangekeer.
Polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, sê Chiloane het Woensdag, voor hy gevonnis is, weer probeer ontsnap.


×