100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Onwettige goudverwerker in Pelgrimsrus aangekeer

Written by on September 13, 2021

‘n Onwettige goudverwerker wat Donderdag in Pelgrimsrus aangekeer is, sal Woensdag in Graskop aansoek doen om borgtog.
Volgens die Valke is die 34-jarige Thabang Ntsibane ‘n onwettige immigrant van Lesotho.
Hy is tydens ‘n gesamentlike operasie tussen verskillende wetstoepassingsorganisasies aangekeer waar hy glo ‘n goudverwerkings laboratorium bedryf. Daar is ook op sakke vol gouddraende erts en kontant beslag gelê.
Die vroulike weermaglid wat Donderdag in haar huis in Tonga dood aangetref is in ‘n plas bloed, is geïdentifiseer as Nondumiso Mabila.
Die 30-jarige was na vermoede op pad werk toe omdat sy in uniform was.
Sy is deur ‘n familielid gevind wat deur een van Mabila se bure gekontak is en het verskeie steekwonde gehad.
Geen arrestasies is nog gemaak nie. Enigiemand met inligting is gevra om kol. Nancy Mnisi te kontak by 072-603-8438. Dit sal as vertroulik hanteer word.
‘n 41-jarige man sal na verwagting vandag in die Low’s Creek-hof verskyn op klagte van die besit van gesteelde goedere.
Hy is Saterdagaand op die N4 naby Kaapmuiden deur die Nelspruit-blitspatrollie aangekeer met gesteelde motorfietsparte in die sleepwa van sy voertuig.
Volgens die polisie se kol. Donald Mdhluli is die parte getoets en positief verbind aan motorfietse wat in Gauteng en Noordwes gesteel is. Daar word ondersoek of hy aan nog misdade gekoppel kan word.


×