100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ongeluk eis vyf op N4 naby Ngodwana

Written by on August 11, 2022

Die oorsaak van ‘n ongeluk wat vanoggend die lewens van vyf mense geëis het word ondersoek.
‘n VW Polo het na bewering op die N4 naby Ngodwana teen die kant van ‘n konstruksie-vragmotor gebots en omgeslaan.
Volgens die departement van gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, is al vyf insittendes op slag dood. ‘n Kind en twee vroue tel onder die oorledenes.
‘n Isuzu-bakkie het daarna ook in die vragmotor vasgery en sy bestuurder is liggies beseer.
Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, sê die meeste ongelukke kan vermy word as motoriste padreëls nakom en versigtig bestuur.
Intussen het die Valke die ondersoek na die moord op ‘n polisiebeampte in Pienaar oorgeneem.
Sers. Mandlenkosi Happy Thwala (45) was by Kabokweni gestasioneer. Hy is die aand van 2 Augustus verskeie kere in sy huis geskiet.
Lees meer: Verdagte aangekeer na moord op polisiebeampte in Pienaar


Zanele Mkhonto (28) het gister weer in die Kanyamazane-landdroshof verskyn op die klagte. Volgens kapt. Dineo Sekgotodi verskyn sy môre in Kabokweni vir ‘n borgaansoek.

In Bethal het samewerking tussen wetstoepassers daartoe gelei dat 29 stuks gesteelde vee gister teruggevind is.
Hulle is aan die begin van die maand as gesteel aangemeld.
Polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, sê die polisie se eenheid vir veediefstal, landelike veiligheid en die Bethal boere-forum het saamgewerk om die deurbraak te maak.
Die diere is in ‘n steengroef gevind. Niemand is nog in verband met die diefstal gearresteer nie en die ondersoek duur voort.


×