100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Goudpanspan vertrek na Wêreldkampioenskappe in Pole

Written by on August 11, 2022

Die Suid-Afrikaanse Goudpanspan het gister vetrek na Zlotorya in Pole vir die internasionale Goudpankampioenskappe.
Die span bestaan uit 37 goudpanners in alle kategorieë, insluitende juniors.
Dit is die eerste keer in twee jaar dat die kompetisie weer plaas kan vind na Covid-19-beperkings.
Vanjaar sal die Mpumalanga LUR vir Kultuur, Sport en Ontspanning, Thandi Shongwe, ook die vlag van die Wêreld Goudpanvereniging in ontvangs neem, voordat die provinsie volgende jaar die 2023 Wêreld Goudpankampioenskappe in Pelgrimsrus aanbied.


×