100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nuus

Page: 215

Twintig van Nelspruit Gimnastiek Akademie (NGA) se gimnaste is op pad om in Oktober aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe te gaan deelneem. Amoré Gerber (vlak 8) en Jasmin Muller, Isabel Prinsloo en Iané Swart (almal vlak 7) het met Gerhardt gesels oor hul liefde vir dié sport. Luister weer hier daarna. Jasmin was twee jaar gelede […]

Dit is somer en met dit raak slange meer aktief. Soos die gesegde lui is die nie ‘n vraag óf jy dalk die een of ander tyd met een in jou huis te doen gaan kry in die Laeveld nie, maar eerder ‘n kwessie van wanneer. Plaaslike slangvanger, Anneke van Schoor, het vir Gerhardt vertel […]

Die konstruksie van die God’s Window Skywalk is vanoggend amptelik geopen. Bouwerk aan die toerisme-aantreklikheid op die Panorama-roete, ‘n klipgooi weg van die Graskop Gorge Lift, sal na verwagting in 2023 afgehandel wees. Dit is 900 meter bo die kloof en bied ‘n 360-grade uitsig oor die Blyderivier-vallei. Dit maak dit hoër as die Grand […]

In die nuus uit die Laeveld die week: Mannejag geloods na gewapende roof, weermaglid se vermeende moordenaars verskyn in die hof en registreer hierdie naweek om te stem. Luister die hooftrekke hier.

Inwoners van Barberton het ‘n dringende beroep gedoen op Mbombela-munisipaliteit om die dorp se brandweerdiens te herstel. DA-raadslid Philip Minnaar sê die jongste voorval gister, waarin ‘n huis op Brommers-plaas afgebrand het weens ‘n veldbrand, wys dat hulle nie meer so kan aangaan nie. Gelukkig kon die gemeenskap self die vuur blus. Minnaar sê daar […]

Asof ‘n kankerdiagnose alleen nie vreesaanjaend genoeg is nie, staar kankerpasiënte gewoonlik ook ‘n finansiële berg in die gesig – hetsy hulle nie aan ‘n mediese fonds behoort nie, of hul fonds nie alle behandeling volledig dek nie. Moving Mountains se stigter, Izelle Pretorius, het met Amanda gesels oor hoe dié organisasie kankerpasiënte prakties daarmee […]

Die witrenoster-kalfie wat gered is nadat hy wees gelaat is as gevolg van ‘n onlangse stropingsvoorval, is intussen dood. Care for Wild Africa het onverpoosd gewerk om hom te probeer red nadat veldwagters van SANParke hom in die Manyeleti-natuurreservaat gekry het. Hy was bloot net te swak, vertel Petronel Nieuwoudt, stigter en eienaar van Care […]

Blossom Care Solutions het vandag ‘n sanitêre doekie-produksiefasiliteit by HL Hall & Sons in Mataffin geopen. Dit verskaf sanitêre produkte waartoe sowat 30% van Suid-Afrikaanse meisies nie toegang het nie én skep volhoubare werksgeleenthede. Ahmed Motara sê van hul produkte is ook heeltemal bio-afbreekbaar, hoewel daar tans verskeie uitdagings is om materiaal plaaslik te verkry. […]

Die Graskop-belastingbetalersvereniging is besig om self ‘n pomp by hul waterwerke te herstel. Lance Gibson sê hulle verwag ‘n toeloop van mense na die toeristedorp die komende langnaweek, en wil verseker hulle het water. Die dorp sukkel al geruime tyd met watertoevoertekorte, iets wat toegeskryf word aan ‘n gebrek aan instandhoudingswerk aan die bestaande, werkende […]

Inheemse bloukurpers word was ‘n hoogs bedreigde spesie geklassifiseer. Dit is weens verskeie bedreigings waarvan een die uitheemse Nylkurper is. Juandré Buchholz, ‘n hengelaar met ‘n passie vir die bewaring van inheemse visspesies, het vir Gerhardt vertel dat dit weens verbastering is. Luister weer hier na die gesprek.