100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Jong gimnaste droom groot voor SA’s

Written by on September 20, 2021

Twintig van Nelspruit Gimnastiek Akademie (NGA) se gimnaste is op pad om in Oktober aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe te gaan deelneem.
Amoré Gerber (vlak 8) en Jasmin Muller, Isabel Prinsloo en Iané Swart (almal vlak 7) het met Gerhardt gesels oor hul liefde vir dié sport. Luister weer hier daarna.

Jasmin was twee jaar gelede SA kampioen, Iané was drie jaar gelede SA kampioen en Isabel was toe algeheel tweede.
Amoré het ook al medaljes ingepalm met SA’s en was in vlak 5 gekies om vir Suid-Afrika teen Namibië mee te ding.
Hul afrigter, Maré Putter, sê hulle is baie talentvol en hardwerkend en toon ongelooflike karakter.
Al vier droom daarvan om eendag aan die Olimpiese Spele deel te neem.


×