Nuus
Page: 206
Laerskool Nelspruit se JP Snyman (12) is pas terug van sy tennistoer in Europa. Hy het op die Paris West Tennis Academy se kleibane geoefen. Hy het ook aan sy eerste toernooi op dié oppervlakte deelgeneem by die Ten-Pro Global Junior Tour tennistoernooi by die Kim Clijsters Tennis Academy in België waar hy sewe van […]
‘n Pa en seun is Donderdag in die Middelburg-hof gevonnis vir, onder meer, die besit van renosterhorings en ‘n haaivin. Die 48-jarige pa en 27-jarige seun se name is albei Alberto Ernesto Nharreluga en beide is van Mosambiek afkomstig. Hulle is op 20 April 2019 op die N4 naby Nelspruit deur die Middelburg-blitspatrollie afgetrek. Die […]
In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Mbombela-raadslid aangekeer vir polisiebeampte se moord, nog geen arrestasies na LUR gekaap is, massiewe haelstorm tref Lydenburg en huldeblyke vir Theuns Jordaan. Luister die hooftrekke hier.
Om te kan swem is ‘n noodsaaklike lewensvaardigheid, en selfs meer so in Suid-Afrika (en die Laeveld) waar die teenwoordigheid van swembaddens en damme ‘n leefstyl is. Hoe hou jy klein kindertjies veilig? Lauren Roberts van Swim Dynamics sê veral kleintjies tussen twee en vyf jaar oud is baie kwesbaar vir verdrinking. Wat party mense […]
Agt verdagtes het* vandag in die hof in Komatipoort verskyn op klagte van bedrog en korrupsie. Drie mense is Vrydag aangekeer en nog drie Sondag. Die Valke se woordvoerder, kapt. Dineo Sekgotodi, sê nog twee verdagtes sou hulself aan die owerhede oorhanding. Die intelligensie-gedrewe operasie na immigrasiebeamptes by Lebombo-grenspos het in Desember 2019 afgeskop. Hulle […]
Inwoners van Lydenburg het Sondag erg deurgeloop onder groot hael. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het die oggend gewaarsku dat ernstige donderstorms met hael en skadelike wind tussen 14:00 en 20:00 verwag word in dele van Mpumalanga en Limpopo. Teen ongeveer 16:00 het die eerste groot korrels begin val. Foto’s is wyd op sosiale media versprei van […]
In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Vermeende motorkaper vasgetrek na jaagtog en skietgeveg, nog fratsweer die somer verwag terwyl storms groot skade aanrig, twee wat departement uit miljoene bedrieg verskyn in die hof en skud jou vere reg vir Bietjie-Bietjie-Bos. Luister die hooftrekke hier.
Twee mans wat na bewering meer as R4,5 miljoen by die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling gesteel het, het vandag in die Nelspruit-landdroshof verskyn. Ronny Germany Ngwenyama (44) en Tinyiko Shadrack Golele (44) word van bedrog, diefstal en geldwassery aangekla. Golele was na bewering in September 2018 ‘n projekbestuurder in die Mpumalanga departement […]
Na twee winters van geen Innibos Kunstefees nie, ‘n Laeveldse instelling van om en by 20 jaar, word daar vanaf 1 tot 5 Desember ‘n Bietjie-Bietjie-Bos gehou. “Uiteindelik!” slaak menige uitgehonger-vir-die-kunste inwoner ‘n sug van verligting. En wat ‘n verligting is dit nie? Hierdie weergawe van Innibos sal aansienlik kleiner wees as die fees wat […]